Wednesday 24 June 2015

hemelse guava~poeding




Smul winters gebak , hemelse guava~poeding
4 el botter
1 kop witsuiker
¼ koppie melk
3 groot eiers
1 en halwe kop koekmeelblom
2 tl bakpoeier
knypie sout
1 blik quavas ~ sap gedreineer, eenkant gehou en vruggies net liggies plat gedrukte
Room die botter en suiker saam tot lig
Roer eiers een-een by mengsel, roer mooi na elkeen
Sif meel, bakpoeier en sout by en voeg melk by, meng goed deur
Gooi in gesmeerde oondbak
Skep platgedrukte guavas bo-oor, druk liggies in
Bak 25-30 minute by voorverhitte oond 180°C
vir sy sous:
1/2 kop botter
1/2 kop witsuiker
sap van die blikkie guavas
1 blikkie ideal melk
meng als saam, maak warm en roer tot suiker opgelos is,
bring tot kook en gooi oor warm poeding sodra tert uit oond kom
laat staan vir min 30 min voor opdien met styfgeklopte room of vla , of roomys
dubbel so lekker die volgende dag