Wednesday 24 June 2015

Eenpan Ontbyt Skywe




Eenpan Ontbyt Skywe
Botter
 1 pakkie Spek
 1 pakkie Sampioene
 6 Ontbyt worsies – ontdooi
 Dosyn Eiers – liggies geklits met knypie sout
 Cheddar Kaas
 Mozzarella Kaas
 Rooipeper na smaak
Voorverhit oond 180 C
In ‘n oonvaste bak met deksel, braai in genoeg warm botter die spek, sampioene en ontbyt wors tot bruin
 Giet nou die geklitste eiers eweredig oor die braaimengsel, sit deksel op , stel hitte baie laag, tot die eiers amper gestol het
 Sprinkel met genoeg gerasperde kaas na smaak bo-oor , sprinkel met rooipeper haal van plaat, sodra die kaas begin smelt het,
 plaas in voorverhitte oond, bak vinnig tot net mooi gestol en bruin
 Laat effe afkoel en sny in pizza blokke en bedien
 dadelik met roosterbrood