Wednesday 24 June 2015

Appeltert met roomstroop




Appeltert met roomstroop
Beslag...
250 ml suiker
45 ml sagte botter
2 eiers
60 ml melk
250 ml koekmeel

5 ml bakpoeier
knippie sout
1 blik tertappels, gedreineer
Roomstroop
250 ml suiker
250 ml room
10 ml vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180 C. Verroom die suiker en botter, voeg die eiers by en klits goed. Voeg melk by en klits weer. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by bottermengsel. Klits alles goed saam en gooi in 'n gesmeerde oondbak. Versprei die appel egalig oor die beslag. Bak vir ongeveer 1 uur tot goudbruin en deurgaar. Terwyl die tert bak, maak die sous: Verhit die suiker en room stadig oor lae hitte, terwyl jy roer, tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 3 minute. Verwyder van die hitte, roer die vanieljegeursel by en skep die warm stroop oor die tert sodra dit uit die oond kom. Sit voor met geklopte room, roomys of vla. Lewer 8 porsies.