Tuesday 30 June 2015

Een-twee-drie-Botterkoekies




Een-twee-drie-Botterkoekies
Sekerlik die maklikste resep vir die smaaklikste botterkoekie denkbaar. Die resep word eentwee-drie genoem, omdat dit bestaan... uit EEN deel suiker, TWEE dele botter en DRIE dele koekmeel.
125 ml suiker
250 ml botter
375 ml koekmeel
5 ml sout
5 ml vanieljegeursel
Metode:
1. Meng die suiker, botter en vanieljegeursel met 'n handklitser totdat dit 'n ligte romerige kleur het (sowat 5 min).
2. Vou koekmeel met 'n groot opskeplepel by die bottermengsel in.
3. Knie deeg met skoon hande totdat die meel geheel en al opgeneem is.
4. Verdeel die deeg in twee en draai elk in kleefplastiek toe.
5. Plaas in die yskas om af te koel.
6. Deel dan elke helfte in twee dele en rol een vir een uit op 'n skoon, koel werkoppervlak wat met meel bestrooi is.
7. Druk die koekies met 'n vormdrukker uit.
8. Plaas op 'n gesmeerde bakplaat.
9. Voorverhit die oond op 160°C.
10. Bak vir sowat 15 tot 20 min.
11. Verwyder uit die oond en plaas op 'n afkoelrak.
**Dit kan ook versier word met 'n suikerversiersel.
Meng 100 g versiersuiker en 10 ml eierwit met 'n mes.
Die versiersuiker moet 'n sagte pasta vorm.
Plaas in 'n versiersuikersakkie en versier met woorde of patrone.