Tuesday 30 June 2015

Biltong, Kaas- En Uie-Potbrood




Biltong, Kaas- En Uie-Potbrood
500g bruismeel
1 bier
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas ...
250ml fyn (nat!) biltong
125ml fyn, bruingebraaide uie


1. Meng die meel en bier goed.
2. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam.
3. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas.
4. Bak tot gaar.
5. Toets met ‘n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink.

Eet warm met plaasbotter en konfyt.
~~~~~~~~~~~~
VARIASIES: (Sonder die biltong en uie)
* ‘n Pakkie droë, bruin uiesop.
* ‘n Eetlepel of twee Marmite of Bovril.
* Neute en rosyne.
* Spek (brosgebraai en gekrummel)
* Olywe, kappers en ansjovis
* Baie vars knoffel en pietersielie; gemengde kruie van jou keuse.