Monday 22 June 2015

Dik botterskorsie-en-mielie-sop




Dik botterskorsie-en-mielie-sop
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 45 min.
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
2 middelslag-patats

1 knoffelhuisie
1 L (4 k) groenteaftreksel
pitte van 1 mielie
sout en vars gemaalde swart peper
vars koljanderblare vir voorsit
  1. Laat prut die botterskorsie en patat sowat 20 min. saam met die knoffel en aftreksel of tot al die groente sag is.
  2. Plaas die groentemengsel in ’n verwerker en verwerk tot glad. Gooi terug in die pot, roer die mieliepitte in en laat prut tot die pitte sag en pap is. Voeg nog aftreksel by indien nodig.
  3. Geur na smaak met die sout en peper en bestrooi met die vars koljander. Sit warm voor met varsgebakte, korserige brood.

Groenteaftreksel Resep:
Groenteaftreksel Resep:
(sowat 1 liter)
Plaas 2 wortels, grofgekap, 2 uie, grofgekap 2 selderystingels, grofgekap, 1 groot tamatie, in blokke gesny, 1 raap, in blokke gesny, 1 witwortel, in stukke gesny, 4 preie, in stukke gesny, hand vol pietersielie, 1 knoffelhuisie, 1 lourierblaar en 2 takkies vars tiemie in ’n groot kastrol. Voeg 1,7 liter water, 5 ml sout en varsgemaalde swartpeper by. Bring tot kookpunt en skep alle skuim bo-op af. Verlaag hitte en maak halftoe met deksel. Laat prut 45 minute. Dreineer deur 2 lae moeseliendoek in bak en gooi groente weg. Laat koel af. Die aftreksel kan jy vier dae in die yskas hou en 6 maande bevries.