Monday 22 June 2015

Plaatkoekie-stokkies met kaneel

FOTO: Estvan Vermeulen
 

Plaatkoekie-stokkies met kaneel

Hierdie stokkies is ietwat meer moeite, maar dit is beslis die moeite werd!
genoeg vir 4
  • 1 boks met plaatkoekie-mengsel (asook benodigdhede soos op boks aangedui)
  • 40 ml botter
  • 60 ml kaneelsuiker
  • 15 klein stokkies (of gehalveerde sosatie-stokkies)
  • 100 g witsjokolade, gesmelt
Maak plaatkoekie-mengsel aan volgens aanwysings op verpakking. Verhit pan met botter en braai groot plaatkoekies tot goudbruin. Plaas plaatkoekies op bord en strooi dadelik kaneelsuiker oor om effens te smelt.
Sny plaatkoekies in sowat 3 – 4 repies. Rol elke repie op en steek vas met ’n stokkie. Plaas al die plaatkoekie-stokkies op ’n opdienbord en versier met gesmelte witsjokolade. Geniet terwyl dit warm is.