Thursday 14 May 2015

Ystervarkies (Lamingtons)

Ystervarkies (Lamingtons)

Bestanddele

Koek
250 ml (1 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
knippie sout
3 eiers, geskei
125 ml (½ k) suiker
125 g botter, gesmelt
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
Versiersel (bruin sjokoladestroop)
500 ml suiker
140 ml kakao
250 ml water
10 ml botter

Instruksies


Vir die fyngebak-uitdaging moes die Koekedore ystervarkies maak wat in drie verskillende versiersels gedoop is: ’n bruin sjokoladestroop, sneeuvlokkie-stroop (wit) en ’n aarbei-witsjokolade-stroop (pienk). Dié resep is vir ystervarkies wat in bruin sjokoladestroop bedek is – die mees tradisionele opdiening.
(Lewer 18 ystervarkies)
Koek
• Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan.
• Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n mengbak.
• Klits die eierwitte en suiker saam in ’n aparte mengbak tot sagte pieke vorm. Vou die botter, eiergeel en vanielje-ekstrak in tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en vou in tot glad.
• Giet die beslag in die bereide bakpan en bak vir 30 minute of tot ’n tandestokkie skoon uit die koek kom. Keer uit op ’n draadrak en laat heeltemal afkoel.
Versiersel (bruin sjokoladestroop)
Kook die bestanddele saam om stroop te vorm.
Klapper om die ystervarkies in te rol.
Aanmekaarsit van die ystervarkies
• Sny die koek in blokkies om 18 ystervarkies te maak.
• Doop die blokkies in die stroop en rol dan in klapper.