Thursday 14 May 2015

Martjie se lemoenkolwyntjies

Martjie se lemoenkolwyntjies

Bestanddele
Lemoenkolwyntjies

375 ml meelblom
250 ml strooisuiker
187,5 ml melk
3 eiers
60 ml botter
2,5 ml bakpoeier
1 ml sout
Stroop
250 ml suiker
125 ml lemoensap
125 ml water
30 ml botter
Fyn gerasperde skil van 1 lemoen

Instruksies


  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Spuit kolwyntjiepannetjies baie goed en strooi bietjie meel in elke holte, skud orige meel uit.
  3. Klits die eiers goed en voeg die suiker geleidelik by tot romerig.
  4. Bring melk en botter tot kookpunt.
  5. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dit in die eiermengsel.
  6. Roer die warm melkmengsel saam en meng goed.
  7. Gooi die beslag in die kolwyntjiepannetjies.
  8. Bak vir 12-15 minute tot mooi goudbruin.
  9. Maak die stroop deur al die bestanddele vir 5 minute te kook.
  10. Giet die stroop oor die warm kolwyntjies.
  11. Sit voor met geklopte room.