Thursday 14 May 2015

Martjie se gemmerkoekies

Martjie se gemmerkoekies

Bestanddele

• 500 g koue botter in blokkies gesny
• 10 ml koeksoda
• 1100 g koekmeel
Warm-mengsel
• 150 ml water
• 420 g bruinsuiker
• 90 ml donker bruinsuiker (treacle)
• 90 ml goue stroop
• 90 ml gemaalde gemmer
• 90 ml gemaalde kaneel
• 5 ml gemaalde naeltjies

Instruksies


  1. Voeg al die bestanddele van die warm mengsel in ’n diep swaarboompot en plaas oor hoë hitte. Roer aanhoudend totdat die mengsel kookpunt bereik.
  2. Verwyder van die hitte en meng die blokkies botter met ’n houtlepel in die mengsel.
  3. Sodra die botter goed ingemeng is kan die koeksoda bygevoeg word. Klits met ’n draadklitser.
  4. Plaas nou die warm mengsel in die bak van ’n elektriese menger en laat dit afkoel totdat dit net effe warm is.
  5. Sif die meel oor die mengsel en meng op die laagste spoed van die elektriese menger. Dit moet ’n stywe deeg vorm.
  6. Deel nou die deeg in 3 dele op en vorm plat skywe. Draai dit toe in klewerige plastiek en verkoel in die yskas vir ten minste twee uur of oornag.
  7. Verhit die oond tot 190 °C.
  8. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot so 5 mm in dikte. Gebruik 5 mm tappenne (dowel sticks) om die deeg egalig en gelyk uit te rol. Dit dien as riglyn om dieselfde dikte koekies te maak.
  9. Sny die vorms uit met die koekiedrukkers en plaas op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier.
  10. Bak vir 8-12 minute en draai die panne na 8 minute om, sodat dit egalig kan bak. Maak seker die middel van die koekies is stewig en die randjies effe donkerder.
  11. Versier met koninklike versiersel (royal icing).