Thursday 28 May 2015

Vark met soet-suur sous in die mikrogolf




Vark met soet-suur sous in die mikrogolf
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 2 min.
30 ml (2 e) tamatiesous
 15 ml (1 e) sojasous
 15 ml (1 e) suiker
 30 ml (2 e) witwynasyn
 15 ml (1 e) mieliemeelblom
 1 rooi brandrissie, gekap
 1 groen brandrissie, gekap
 100 g pynappel, geskil en in blokkies gesny
 60 ml (¼ k) water
 200 g varkfilet, gaar
 rys en fyn gesnipperde sprietuie vir voorsit
1.Meng die tamatiesous, sojasous, suiker, asyn en mieliemeelblom in ’n mikrogolfbestande bak. Mikrogolf 30 sek. op volle krag.
2.Roer die brandrissies en pynappel in en mikrogolf 30 sek. op volle krag.
3.Voeg die water by en roer die vark in. Mikrogolf op volle krag 1 min. of tot die sous dik is. Sit voor op die rys en garneer met die sprietuie.