Thursday 28 May 2015

Taai Appelpoeding




Taai Appelpoeding
Genoeg vir: 2-4
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.
250 g botter
 4 appels, gekap
 375 ml (1 ½ k) ligte bruinsuiker
 2 eiers
 5 ml (1 t) vanieljegeursel
 250 ml (1 k) meel
 10 ml (2 t) bakpoeier
 5 ml (1 t) fyn gemmer
 80 ml (⅓ k) melk
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee emaljekoppies.
1.Meng 125 g botter met 250 ml (1 k) suiker tot ’n donsige, romerige mengsel. Voeg die eiers een op ’n slag by en klits goed ná elkeen bygevoeg is. Voeg die vanieljegeursel en appels by en meng goed.
2.Sif die meel, bakpoeier, fyn gemmer in ’n ander bak. Vou die meelmengsel en melk by die bottermengsel by tot goed gemeng. Skink die beslag in emaljekoppies en bak 20 min. of tot gerys, ferm en goudkleurig.
3.Plaas die oorblywende botter en suiker in ’n klein kastrol met 80 ml (⅓ k) water oor matige hitte. Laat kook en verminder hitte 5 min. tot dit stroopagtig is. Laat staan eenkant.
4.Haal die poeding uit die oond en skink die stroop oor. Laat 15 min. afkoel voor jy dit voorsit