Thursday 28 May 2015

DEEG VIR VIS, SAMPIOENE EN UIE RINGE




DEEG VIR VIS, SAMPIOENE EN UIE RINGE
1 botteltjie bier
3/4 koppie bruismeel
1/4 k Suurlemoensap
1 t Swart peper...
1 t Sout

Ek gooi ook altyd bietjie lemoenpeper by (Rens)
1. Meng als en doop vis, uie ringe of sampioene daarin.
2. Bak in vlak olie en draai om totdat beide kante goudbruin is.
Paar wenke
As jy uie ringe wil maak, skil die uie, sny die uie ringe en gooi in bak met yskaswater
en ys. Laat staan vir rukkie voor gebruik.
Bak vis in omtrent 1cm diep olie
Braai jou sampioene en uie bietjie bietjie op n slag anders sit dit aan mekaar vas