Thursday 14 May 2015

Valerie se songedroogde tamatiebrood



Gesnipperde brood

Eerste mengsel:
165 g sterk witbroodmeel
165 g louwarm water
2 g gis
Tweede mengsel:
185 g water
25 g rogmeel
310 g wit broodmeel
1.5 g droë gis
Songedroogde tamatie-vulsel: (of gebruik vulsel na eie smaak)
150 g songedroogde tamatie, versnipper
4 g droë gemengde speserye
25 g olyfolie
10 g tamatie pasta

Instruksies

Die brood kan gegeur word met die geur van jou keuse, maar Valerie en haar tweelingsuster, Jennifer, is baie lief vir tamatie. Daarom dra Valerie hierdie brood aan haar suster op.
  1. Meng die bestanddele van die vulsel saam sodat dit solank kan marineer.
  2. Plaas die eerste mengsel se witbroodmeel, louwarm water en gis in die mengbak van ’n elektriese klitser en laat staan vir 30 tot 60 minute.
  3. Voeg die tweede mengsel se bestanddele by en meng met die deeghoek van die elektriese menger op lae spoed tot gemeng. Knie verder met die deeghoek vir sowat 6 minute tot elasties. Voeg die vulsel by as die deeg amper klaar geknie is.
  4. Bedek die deeg met kleefplastiek en laat rys vir ’n uur tot dubbel die grootte.
  5. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  6. Druk die deeg plat en plaas dit op ‘n bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Druk dit in ’n reghoek met jou hande en rol dit plat tot sowat 6 mm dik.
  7. Sny ’n lang gleuf af in die middel met ’n skerp lem, en vier kepe aan beide kante in die vorm van ’n blaar. Rek die deeg sodat die gate kan ooptrek.
  8. Bak die brood vir sowat 15 minute tot gaar.Valerie se songedroogde tamatiebrood