Thursday 14 May 2015

Gerda se boepensbrood


Gerda se boepensbrood

Bestanddele

3 x 250 ml Bruinbroodmeel
7 ml Sout
50 ml Olyfolie
350 ml louwarm water
10 g Droë Kitsgis
250 g Gerasperde Cheddarkaas
15 ml Gemengde droë kruie
15 Swart Olywe in derdes gesny
15 Groen Olywe in derdes gesny
1 Ring Brie-kaas in skywe gesny
1 Rooi Ui gekerf
1 Knoffelhuisie gekerf
8 Piquante rissies (Peppadews) gesnipper

Instruksies

METODE:
1) Sif die meel en sout saam, voeg die suurdeeg by en meng.
2) Voeg die olie en louwarm water by en meng tot ’n sagte deeg.
3) Knie sowat 10 minute tot glad en elasties.
4) Plaas deeg in ge-oliede bak en laat 20 minute rus.
5) Knie die deeg af en rol uit in ‘n reghoek van 30 x 35cm.
6) Braai die knoffel en uie liggies in knoffelbotter, voeg die kruie by. Smeer oor die deeg.
7) Strooi die kaas, olywe en peppadews eweredig oor die deeg. Pak laaste die brie-skywe.
8) Rol op soos ‘n rolkoek.
9) Bestryk met eier glasseersel en strooi gerolde koring op.
10) Sny ses kepe bo-op en laat rus vir 30 minute. Voorverhit intussen die oond na 200 °C.
11) Bak vir 40 minute.