Thursday 14 May 2015

Martjie se volgraan-sitrus-broodrolletjies

 

Martjie se volgraan-sitrus-broodrolletjies

Bestanddele

600g volgraanbroodmeel
200g witbroodmeel
2 pakkies kitsgis
250ml water (warm)
250ml melk (warm)
1/2k suurlemoensap
1k lemoensap
20ml sout
5ml suiker
1/4k papawersaad
Fyngerasperde skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen

Instruksies

  1. Los die kitsgis in 60ml louwarm water op en laat staan tot skuimerig.
  2. Gooi al die vloeistowwe, sout en suiker in die mengbak van ’n elektriese menger. Klits dit saam.
  3. Voeg die mele koppie vir koppie by terwyl die deeghoek die deeg knie.
  4. Knie vir 10 minute totdat die deeg sag en soepel is.
  5. Plaas die deeg in ’n gesmeerde mengbak en laat rys tot die grootte verdubbel het.
  6. Haal die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie af. Vorm bolletjies deeg en plaas dit op ’n voorbereide bakplaat.
  7. Laat weer rys tot dubbel die grootte.
  8. Voorverhit die oond tot 180°
  9. Bak die rolletjies vir 20 – 25 minute.