Thursday 28 May 2015

Heuning-en-neuteblokkies




Heuning-en-neuteblokkies
Kors
 ■ 310 ml koekmeel
 ■ 30 ml strooisuiker
 ■ 3 ml bakpoeier
 ■ 1 ml sout
 ■ 125 g koue botter, in blokkies gesny
 ■ 1 ekstragroot eier
Bolaag
 ■ 100 ml heuning
 ■ 60 ml ligbruinsuiker
 ■ 1 ml sout
 ■ 45 g koue botter, in blokkies gesny
 ■ 30 ml dik room
 ■ 200 g gepelde amandels
 ■ 50 g sprinkel-amandels
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n koekpan van 20 cm x 20 cm. Voer uit met bakpapier. Smeer weer. Meng die droë bestanddele saam. Voeg die botter by en vryf in tot krummelrig. Klits die eier en voeg by. Meng tot klam krummels. (As die krummels effe droog lyk, voeg ’n paar druppels yswater by.) Keer uit op ’n werksoppervlak en druk dit liggies bymekaar. Voer die pan se boom met deeg uit. Prik en bak vir 15-20 minute tot liggoudbruin.
Bolaag: Verhit die heuning, bruinsuiker en sout saam oor lae hitte. Roer aanhoudend tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook, sonder om te roer, vir twee minute. Voeg die botter en room by en kook vir nog twee minute. Gooi al die neute gelyk by, roer deur en giet die neutmengsel egalig op die deegbasis sodra dit uit die oond kom.
Sit terug in die oond en bak vir ’n verdere 15-20 minute tot die bolaag borrel en die neute ’n diep goudbruin kleur het. Haal uit die oond en laat tot louwarm afkoel. Lig die “koek” aan die bakpapier uit die pan en sny in skywe of blokkies. Laat heeltemal afkoel en bêre tussen lagies waspapier in ’n lugdigte houer. Lewer sowat 25 blokkies.