Thursday 14 May 2015

Murray se kersie-en-sjokolade-brood

 

Murray se kersie-en-sjokolade-brood

Bestanddele

500 g witbroodmeel
10 ml sout
30 ml olyfolie
15 g gis
louwarm water om deeg te meng
160 g swart kersies
200 g donker sjokolade “chips”

Instruksies

• Plaas die meel, sout, olyfolie, en gis in ’n mengbak.
• Voeg stadig die water by en meng tot die deeg ’n kniebare konsistensie bereik.
• Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie vir sowat sewe minute.
• Plaas die deeg terug in die mengbak en bedek met die bak met kleefplastiek. Laat dit rus vir een uur tot die deeg verdubbel het in volume.
• Voer ’n bakplaat uit met bakpapier.
• Voeg die kersies by die deeg en meng goed. Indien die deeg te nat raak kan ’n bietjie meel bygevoeg word.
• Voeg die sjokolade by die deeg en meng goed. Indien die deeg ten at raak kan ’n bietjie meel bygevoeg word.
• Vorm die deeg in ’n bal. Druk die bal plat tot ’n hoogte van 5cm.
• Strooi heelwat meel bo-oor die gevormde ongebakte brood en maak diagonale snitte bo-op die brood om ’n diamant patron te vorm.
• Plaas die brood op die bakplaat en laat rus vir een uur.
• Bak die brood vir 25 minute in ’n voorverhitte oond van 200˚C.