Thursday 14 May 2015

Murray se gemengde broodrolletjies

 

Murray se gemengde broodrolletjies

Bestanddele

500 g witbroodmeel
15 ml sout
50 ml olyfolie
20 g gis
300 ml water om deeg te meng
20 g rooi of groen soetrissie, fyngekap
50 g gruyere-kaas, gerasper
20 g uie, fyngekap
30 g okkerneute, fyngekap
75 g brie, fyngekap
’n handvol basiliekruid, fyngekap

Instruksies

• Plaas die meel, sout, olyfolie, en gis in ’n mengbak.
• Voeg die water stadig by en meng tot die deeg ’n kniebare konsistensie bereik.
• Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie vir sowat vyf minute.
• Plaas die deeg terug in die mengbak en bedek die bak met kleefplastiek. Laat dit rus vir een uur tot die deeg verdubbel het in volume.
• Verdeel die deeg in drie ewe groot porsies
• Meng die rooi soetrissie en uie in een porsie van die deeg. Verdeel die deeg in 75 gram balle – die grootte van ’n tamatie.
• Plaas die deeg balle op ’n meelbestrooide uitgevoerde bakplaat en sny ’n kruis aan die bokant van elke bal.
• Meng die gruyére en okkerneute in die tweede porsie van die deeg in en verdeel in 75 gram stukke.
• Rol elke stuk deeg in ’n worsvorm en knoop die deeg en plaas dit op ‘’ meelbestrooide uitgevoerde bakplaat.
• Rol die oorblywende porsie deeg in ’n reghoek van sowat 1cm dik en strooi die basilie en brie bo-oor.
• Rol die deeg op van die een lang sy af op en druk dit liggies vas op die kant.
• Sny die opgerolde deeg in 5cm stukke en plaas dit met die snykant na onder op ’n meelbestrooide bakplaat.
• Los al die rolletjies om te rys vir 1 uur.
• Voorverhit die oond tot 220 ˚C.
• Bak die rolletjies vir 20 minute en plaas dit op ’n draadrak om af te koel.