Thursday 14 May 2015

Martjie se witbroodrolletjies

 

Martjie se witbroodrolletjies

Bestanddele

1/4 k warm water
2 pakkies kitsgis
1 1/2 k warm melk
125 g botter, gesmelt
1/4 k suiker
2 t sout
3 groot eiers
6 k witbroodmeel
1 eier vir eierwas

Instruksies

  1. Los die kitsgis in die 1/4 k warm water op en laat staan tot skuimerig.
  2. Klits die melk, botter, suiker, sout en eiers in die mengbak van elektriese menger.
  3. Voeg die witbroodmeel koppie vir koppie by en meng met die deeghoek.
  4. Die deeg moet sag en soepel wees, maar nie klewerig nie.
  5. Knie vir 10 minute totdat die deeg van die kante van die mengbak af wegtrek.
  6. Plaas die deeg in gesmeerde bak en laat rys tot dubbeld die grootte.
  7. Knie die deeg af en vorm die rolletjies deeglik. Maak seker dat die deeg spanning aan die bokant het en plaas op voorbereide bakplaat.
  8. Laat rys tot die rolletjies se grootte verdubbel.
  9. Voorverhit die oond tot 200 grade Celsius.
  10. Smeer die rolletjies met eierwas en verhoed dat die eierwas trane maak.
  11. Bak vir 20 – 25 minute tot mooi goudbruin.