Thursday 14 May 2015

Mareli se Russiese roosbrood

 

Mareli se Russiese roosbrood

Bestanddele

Spons
250 ml witbroodmeel
250 ml louwarm water
25 ml suiker
10 g pakkie kitsgis
Brood
625 ml witbroodmeel
60 ml olyfolie
60 ml pesto van jou keuse – bv. roket of basiliekruid

Instruksies

  1. Meng die sponsbestanddele tot glad. Laat dit vir 15 minute tot dit borrel.
  2. Plaas die spons in die elektriese menger se mengbak en voeg die meel, water, sout en olie by en meng met die deeghaak vir 5 minute.
  3. Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie met die hand tot soepel (sowat 10 minute).
  4. Plaas die deeg in ’n oliebesmeerde bak, bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbel die grootte.
  5. Smeer ’n groot ringboompan van 30 cm met olyfolie en voer met bakpapier.
  6. Gooi die deeg weer op ’n meelbestrooide oppervlak. Maak dit plat met jou hand en rol uit in ’n groot vierkant van 45 x 45 cm, 5 mm dik. Sny die kante mooi netjies.
  7. Smeer die pesto eweredig oor die hele vierkant en rol dit op van bo af in ’n stywe rol totdat dit een lang rol is en knyp dit vas op die punt.
  8. Draai die rol sodat die knyp onder lê. Neem ’n baie skerp mes en sny die wors dwarsdeur, middeldeur. Die twee kante val dus oop. Verstel die twee halwe worse dat die gesnyde kante mooi na bo lê. Sit die een bo-oor die ander en herhaal die vlegproses. Vat die vlegsel van die een punt en rol dit op in die vorm van ’n roos.
  9. Tel dit versigtig op en sit dit in die pan. Bedek met bakpapier en vadoeke en laat rys tot dubbel die volume en verhit solank die oond tot 200 °C.
  10. Bak vir 7 minute en stel dan die oond af na 180 °C en bak vir ’n verdere 20 minute of tot gaar.