Thursday 28 May 2015

Martjie se raaiselkoek




Martjie se raaiselkoek

Bestanddele

240g botter
3k meel
1e bakpoeier
½ t sout
1 ¾ k suiker
4 eiers
Vanieljesaadjies
1 ¼ k melk
Rolkem-kleurpoeier

Instruksies

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Sif die droë bestandele saam en hou eenkant.
3. Room die botter en die suiker saam, en voeg die eiers een vir een by. Voeg die vanielje by.
4. Meng die droë bestandele in 3 dele by en wissel beurtelings met die melk af.
5. Deel die deeg in 2/3 dele en kleur elke deel met kleurpoeier.
6. Bak die koeke in uitgevoerde rolkoekpanne vir 10-15 minute.
7. Maak nog ’n beslag van die botterkoek en hou die deeg eenkant.
8. Sny nou gekleurde koeke met die blommetjiekoekiedrukkers uit.
9. Spuit ’n dun laag van die botterkoekbeslag, ongekleur in ’n broodpannetjie of vierkantige koekpan.
10. Pak die verskillende kleure blommetjies regop en styf teenmekaar in rye in die beslag. Hou dieselfde kleure bymekaar.
11. Spuit nou die res van die botterkoekbeslag in die holtes en bo-oor die blommetjies, sodat dit heeltmal bedek is, maar nie te dik bo-op is nie.
12. Bak vir 45-50 minute. Laat afkoel.
13. Versier die koek met die versiersel van jou keuse.