Thursday 28 May 2015

Gerrit se koeksisters



Gerrit se koeksisters

Bestanddele

Bestanddele
4 k meelblom
½ t sout
6 t bakpoeier
2 e botter
1 eier
Melk of water (1 tot 1½ k)
Olie om in te bak
STROOP
Bestanddele
4 k suiker
1½ k water
1 teelepl gliserien

Instruksies

Maak 48 koeksisters
Metode
1. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in.
2. Klits die eier, voeg die melk of die water daarby en maak dit aan tot ’n sagte deeg. Knie tot glad. Laat dit goed rus – hoe langer hoe beter, sowat 2 ure.
3. Rol die deeg 1 cm dik uit, sny dit in repies en vleg of draai hulle.
4. Bak 1 tot 2 minute in warm diepvet tot ligbruin en gaar. Moet liefs nie meer as 5 koeksisters op ’n slag braai nie. Haal uit met gaatjieslepel, dreineer blitsig op kombuispapier en dompel in die KOUE stroop.
5. Lig uit die stroop, laat die oortollige stroop afdrup en plaas dan op afkoelrak of in ’n plat bak.
STROOP
Metode
Los die suiker in die water op en laat die stroop 5 minute kook. Voeg die gliserien by en haal stroop van die hitte af. Koel die stroop baie goed af voordat dit gebruik word.