Thursday 28 May 2015

Gerda se reënboog-raaiselkoek



Gerda se reënboog-raaiselkoek

Bestanddele

BESTANDDELE (Koek)
450g Botter
500g Strooi suiker
8 Eiers
750ml Koekmeel
10ml Bakpoeier
60ml Melk
10ml Vanielje
VERSIERSEL
2000ml Versiersuiker
500g Wit Wooden Spoon-margarien
3 Eiers

Instruksies

METODE:
Voorverhit oond teen 180 grade Celsius en smeer een ronde sjiffonkoekpan (22cm):
1) Verroom botter en strooi suiker.
2) Voeg eiers een een by.
3) Sif meel en bakpoeier saam.
4) Vou die meel, melk en vanielje by.
5) Meng tot glad
6) Weeg die beslag en deel in drie dele.
7) Skep die een derde onder-in die pan.
8) Deel die ander twee derdes op:
6 dele: rooi
5 dele: oranje
4 dele: geel
3 dele: groen
2 dele: blou
1 deel: pers
9) Plaas elke kleur in eie spuitsak. Spuit bo-op mekaar. Laat 5 mm regs en links van elke kleur oop. Wanneer jy van bo af kyk moet jy al die kleure kan sien.
10) Bak 35 – 45minute of tot toetspen skoon uitkom.
11) Laat afkoel en versier met die onderkant (nie gekleurde kant) na bo.
VERSIERSEL:
1) Verroom eers die margarien en eiers saam.
2) Voeg die versiersuiker koppie vir koppie by.
3) Klop vinnig vir 10 minute. Kleur groen.
4) Versier soos grasperk.
Gerda se rympie:
Met my goue skoene staan ek wydsbeen oor die horison.
Soms dans ek na die reën in die strale van die son.
Al voel ek naby, vir my gaan jy nie kry.
Die dwergie man het my al probeer vang, maar ek is glad nie bang.
Ek kan verdwyn soos oggendmis,
Net die son weet waar my voete is.