Thursday 14 May 2015

Mareli se koekstruifkoek met vanielje vla-mousse en granaat- en kiwijellie



Mareli se koekstruifkoek met vanielje vla-mousse en granaat- en kiwijellie
Bestanddele
Rolkoek
5 eiers
200 ml strooisuiker
250 ml meel
15 ml bakpoier
2ml sout
5ml vanieljegeursel
Vanielje vla-mousse
Maak genoeg vir een poedingkoek
375 ml room
1 vanieljepeul
4 eiers, geskei
4 eiergele
125 ml kondensmelk
80 ml mielieblom
2,5 ml sout
2,5 ml kremetart
15 ml gelatien
30 ml water
Granaat- en kiwi-jellie
genoeg vir die koek
250 ml granaat/kiwisap
125 ml water
60 ml suiker
5 ml agar-agar
versnipperde kiwi of granaatpitte
Konstruksie van die koek
versnipperde groenvye
versnipperde gemmer
gekookte kondensmelk
grof gekerfde pekanneute
sjerrie vir sprinkel
250 ml geklopte room
geblikte pere
geblikte perskes

Instruksies


Rolkoek
  1. Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer ‘n rolkoekpan van 39 x 32 cm en voer dit uit met waspapier wat oor die kante verbysteek.
  2. Klits die eiers en suiker tot dit baie lig en bleekgeel van kleur is.
  3. Voeg die mielieblom, bakpoeier en sout saam en sif dit bo-oor die geklitste eiermengsel. Meng versigtig tot gladde deeg.
  4. Skep die beslag in die voorbereide pan en sprei egalig oor die pan.
  5. Bak vir 15 min
  6. Plaas ’n skoon katoendoek op die werkoppervlak en keer die gaar koek versigtig daarop uit. Maak die papier los en draai om. Rol die koek versigtig op om af te koel.
  7. Nadat die koek afgekoel het, rol af en smeer met die tuisgekookte kondensmelk, rol weer op en bêre tot benodig.
Nota: Gebruik hierdie selfde beslag en bak twee 23 cm ronde koeke om as deksel en bodem vir die koek te dien.
Vanielje vla-mousse
  1. Verhit die room saam met die vanieljepeul en verwyder van die hitte voor dit kook.
  2. Klits die 8 eiergele saam met die kondensmelk totdat dit liggeel is. Voeg die mielieblom en sout by en klits tot gemeng.
  3. Voeg nou die warm roommengsel lepelsgewys by en hou aan meng.
  4. Sit terug in die pot en verhit op die stoof, roer die hele tyd totdat die mengsel verdik en begin kook.
  5. Verlaag die hitte en hou aan met kook vir nog twee minute.
  6. Spons die gelatien in die 30 ml water en los dit op in die warm vlamengsel.
  7. Klits die 4 eierwitte saam met die kremetart tot stywepunt stadium en vou by die vlamengsel in.
  8. Verkoel in die yskas tot benodig.
Granaat- en kiwi-jellie
  1. Plaas al die bestandele saam in ’n pot en kook vir 3 minute. Laat afkoel.
  2. Voer ’n broodpan uit met kleefplastiek en gooi die afgekoelde mengsel in die pan, sit die versnipperde vrugte by en plaas in die yskas om te stol.
  3. Sny die jellie in netjiese blokke.
Konstruksie van die koek
  1. Voer ’n 23 cm ringboompan uit met waspapier.
  2. Gebruik een van die ronde koeke en gebruik as bodem vir die koek, sprinkel met sjerrie en smeer met gekookte kondensmelk.
  3. Pak ’n paar stukkies gemmer en groenvye op die bodem.
  4. Sny die rolkoek in skywe en pak om die rand van die pan.
  5. Skep van die vlamousse en sit die jellieblokke tussenin. Pak pere en perskes en sit lepelsvol room daar by.
  6. Smeer die laaste ronde koek met gekookte kondensmelk en sit dit bo-op die koek as ’n deksel.
  7. Versier die koek met roomrosette en kiwi en granaatpitte