Wednesday 20 May 2015

Martjie se koeksisters

Martjie se koeksisters

Bestanddele

STROOP
Bestanddele
4k suiker
1 ½ k water
Skil van 1 suurlemoen, fyn gerasper
DEEG
Bestanddele
4k koekmeel
½ t sout
2e bakpoeier
4e botter
1 eier
250ml-375ml melk/water

Instruksies

(Maak sowat 4 dosyn koeksisters)
STROOP
Metode
1. Los suiker en water op in kastrol oor lae hitte en voeg dan die suurlemoenskil by.
2. Laat goed afkoel en hou in die yskas tot reg vir gebruik.
DEEG
Metode
1. Sif meel, sout en bakpoeier saam en vryf botter in.
2. Klits eier en voeg by die melk. Gooi hierdie mengsel by die meelmengsel en meng totdat ’n gladde deeg vorm.
3. Knie deeg vir 3 tot 5 minute, bedek met ’n klam doek en laat rus vir 15 minute.
4. Rol die deeg 1 cm dik uit en sny in repe van 1 cm.
5. Verhit intussen die olie.
6. Hou die repie in twee hande, draai die kante in teenoorgestelde rigtings en laat dit in hulself opkrul. Druk die twee ente goed teen mekaar vas, anders kom dit los in die braaiproses.
7. Braai die koeksisters in warm olie vir 1-2 minute aan elke kant tot goudbruin en gaar. As jy ’n termometer wil gebruik – die olie moet 185°C wees.
8. Plaas onmiddellik in die koue stroop sodat dit die stroop goed insuig. Haal uit die stroop met gaatjieslepel, laat oortollige stroop afdrup en plaas op afkoelrak.