Wednesday 20 May 2015

Mareli se koeksisters

Mareli se koeksisters

Bestanddele

Koeksisterstroop
10 koppies suiker
5 koppies water
2 teelepels gouestroop
2 teelepels suurlemoensap
1 eetlepel gliserien
1 eetlepel vars gemmer, gesny
Koeksisterdeeg
3 koppies meel
2 eetlepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 eetlepelbotter
1 koppie warmwater
½ koppie melk
1 teelepel asyn
Mielieblom vir strooi

Instruksies
Koeksisterstroop
Gooi al die bestanddele in ’n pot en kook tot suiker opgelos is en ’n glaserige voorkoms het.
Kook vir 10 minute saam en laat afkoel tot koud.
Koeksisterdeeg
Plaas die meel, bakpoeier en sout in mengbak en vryf die botter in totdat dit lyk soos broodkrummels.
Meng die water, melk en asyn (dit skif, moenie skrik nie).
Meng die nat en droë bestanddele totdat dit ’n deeg vorm.
Knie sowat 10 minute. Laat die deeg rus vir 30 minute.
Strooi mielieblom op werksoppervlakte. Neem ’n stuk deeg en sny in 1 cm-stroke. Draai (‘twist’) die deeg en vou om koeksister te vorm. Knyp die punte toe.
Braai tot goudbruin in warm olie, en dompel onmiddellik in die koue stroop.
Plaas op draadrak sodat ekstra stroop kan afdrup.