Thursday 14 May 2015

Mareli se gemmerkoekies

 

Mareli se gemmerkoekies

Bestanddele

250 g botter
530 g bruinsuiker
2 groot eiers
180 g gouestroop
650 g koekmeel
15 ml fyn gemmer
15 ml gemengde speserye

Instruksies

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klop die botter en suiker saam. Voeg die eiers en stroop by en klop dit goed.
  3. Sif die meel en speserye saam en voeg dit by die bottermengsel.
  4. Rol die deeg uit en druk vorms uit.
  5. Bak vir 12-15 minute. Laat koekies ’n paar minute op bakplaat afkoel en plaas dan op draadrakke.