Thursday 14 May 2015

Laatoggend-frikkadelle




Laatoggend-frikkadelle
Vir 4
Gaarmaaktyd 20 minute
Jy benodig
Vir die frikkadelle
 · 2-3 eetlepels botter
 · 6 spekrepies
 · 500 g boerewors
 · ½ patat, gerasper
 · ½ koppie sampioene, gekap
 · ½ ui, gerasper
 · 2 eetlepels rissiemarmelade
 · 1 knoffelhuisie, fyngekap
Vir die sous
 · 2 blikke (40 g) tamatiesmoor (Rhodes Braai Relish)
 · 1 rooisoetrissie, gekap
 · 6 eiers
 · ½ koppie cheddarkaas, gerasper (of fetakaas, gekrummel)
So maak jy
1 Smelt die helfte van die botter in ’n pan en braai die spek tot bros. Dreineer dit op kombuispapier en sny dan die spekrepe in klein stukkies.
2 Druk die vleis uit die worsderm en meng dit met die res van die frikkadelbestanddele. Vorm 24 happie-groot bolletjies en bêre dit in die yskas (die rou frikkadelle kan tot 4 dae hou).
3 Smelt die res van die botter in ’n groot braaipan en braai die frikkadelle totdat dit deurgaar en goedbruin is. Skep die frikkadelle uit, maar behou die pansappe. Verhit die smoor en soetrissie in die pan, roer dit deur en laat die mengsel vir ’n paar minute prut.
4 Skep die frikkadelle terug in die sous. Maak met ’n lepel 6 holtes in die sous en breek ’n eier in elk. Sit die deksel op en laat dit vir 4 minute prut totdat die eierwit gestol het maar die geel nog loperig is.
5 Sprinkel die kaas oor en sit dit voor saam met roosterbrood.