Thursday 14 May 2015

Mareli se melktert



Mareli se melktert

 Bestanddele
(Lewer 2 melkterte in emalje-borde)
Vinnige skilferkorsdeeg
(Genoeg vir 1 melktert)
Bestanddele
2 k koekmeel
¾ t sout
1 t kremetart
1 ½ k koue botter
160 ml koue water
Melktertpap
Stap 1
84 g koekmeel
100 ml mielieblom
100 ml suiker
2 ml sout
1 k melk
Stap 2
4 eiergele
50 ml suiker
2 druppels eiergeel kleursel
7 ml vanielje geursel
Stap 3
4 eierwitte
2 knippies kremetart
50 ml suiker
Stap 4
l liter melk
20 ml botter
4 stukke pypkaneel

Instruksies


Vinnige skilferkorsdeeg
Metode
1. Sit die meel, sout, kremetart en ‘n ¼ koppie botter in jou voedeselverwerker se bak.
2. Sny met die lem totdat die botter ingevryf is.
3. Sny die res van die koue botter in deur die masjien 2 keer kortliks te pols.
4. Neem die helfte van die koue water en sny in deur 2 keer te pols.
5. Neem die laaste deel van die koue water en sny in deur die masjien 3 keer te pols.
6. Bestrooi jou oppervlak met meel en maak ’n wors, druk plat en rol in ’n reghoek, vou in derdes, draai en rol uit in ’n reghoek.
7. Vou weer in derdes, druk plat en bedek met kleefplastiek en laat rus in yskas vir 20 minute.
8. Herhaal die rol, vou en rus proses 2 keer.
9. Rol die deeg uit tot 5 mm dikte, sny 2 sirkels (2.5 cm groter as die emalje-bord).
10. Sny twee 2 cm stroke en plak met water bo-op die rand van die emalje-bord.
11. Bestryk die boom met eierwit en sit in yskas tot benodig.
Melktertpap
Stap 1
Meng al die bestanddele in middelslag-bak en hou eenkant.
Stap 2
Plaas bogenoemde bestanddele in ’n klein mengbak en klits tot goed gemeng en hou eenkant.
Verhit die oond tot 260°C en plaas die oondrak in middel van die oond.
Stap 3
Plaas die 3 bestanddele in nog ’n bak en plaas eenkant.
Stap 4
Sodra die oond warm is, verhit die melk, botter en kaneel tot kookpunt.
Stap 5
Voeg die warm melk (van stap 4) by die meel-melkmengsel (van stap 1) en roer tot glad. Gooi terug in die kastrol en plaas op die plaat wat afgeskakel is.
Roer hierdie mengsel in die kastrol tot dik, gooi dit uit in ’n mengbak, en verwyder die kaneel. Roer die eiergeel-mengsel (van stap 2) by en vou die styfgeklitste eierwitte van stap 3 by.
Gooi die melkpap in die uitgevoerde pan en strooi liggies met kaneel.
Bak in voorverhitte oond vir 10 min teen 260°C, verlaag die temperatuur na 200°C en bak vir nog 10 min.
Sit louwarm voor.