Wednesday 20 May 2015

konfyttertjie resep



Amanda Burger
 
Ok mense het gevra vir die konfyttertjie resep. Ek moet byvoeg, hierdie brosdeeg gebruik ek letterlik vir alles! Soet of sout. Ek bak tertjies, pasteitjies, groot pasteie met dit. Die hoeveelheid is genoeg vir sowat 70 jam tertjies.

Brosdeeg:
4 koppies koekmeel
500 g botter (vries dit hard oornag) nie margarien nie...
250 ml koue water
1eetl suurlemoensap
1 eier
sout


meng sout en meel, rasper botter op growwe rasper en roer deur meel. klits res saam en voeg by. Roer met vurk deur en druk die deeg aanmekaar. Moenie knie nie, die botter gaan smelt en dan verloor die deeg sy bros wees. Nou kan jy dit vries as jy wil (ontdooi dan net oornag in die yskas) of rol dit dit dadelik uit op tafel lekker met meel bestrooi. Vir konfyt tertjies gebruik ek graag gesnipperde perske of appelkooskonfyt of as jy fyn konfyt gebruik, rol elke konfyt bolletjie eers in nog bietjie meel voor jy dit op die deegsirkel sit. Maak die randjie van die sirkel klam met water en vou oor en druk goed vas. Prik elke tertjie so 2 keer met vurk om stoom te laat ontsnap. Jy kan geklitste eier oorverf as jy wil. Bak in warm oond 190 grade tot mooi bruin. Geniet!