Wednesday 20 May 2015

Nachos en guacamole



Nachos:
1 pak doritos skyfies
1 pak tamatie pasta sous
1 bakkie cottage cheese...
Gerasperde cheddar kaas.


Plaas al die bestandele in n oondbak, en bak vir 25 min teen 180 grade.
Bedien met guacamole.

Tuisgemaakte guacamole

Lewer ongeveer 250 ml of 4 porsies
2 ryp avokado’s, 1 fyn gedruk en 1 in blokkies gesny of 1 x 200 g Westfalia Plain guacamole
15 ml (1 e) vars suurlemoensap
10 ml (2 t) Westfalia avokado-olie of olyfolie
2 sprietuie, fyn gekap
1 klein ryp tamatie, in klein blokkies gesny
1 klein brandrissie, gekap (ontpit vir minder van ’n byt)
45 ml (3 e) gekapte vars koljandeblare
sout en peper
  1. Meng al die bestanddele saam en geur na smaak.
  2. Gebruik op roosterbrood of vars brood. Dit is ook lekker saam met ’n gebakte eier of ’n omelette vir ontbyt. Die guacamole kan ook as deel van ’n ete voorgesit word, met Meksikaanse geregte of as ’n doopsous met groente. Gebruik die guacamole as ’n sous op burgers of ’n doopsous vir frikkadelletjies.
Wenke
1. Vervang sprietuie met 1 klein rooi of witui, fyn gekap. Indien jy ’n minder skerp geur verkies, giet kookwater oor die ui. Laat 5 minute staan en dreineer deeglik.
2. Vervang die avocado-olie met die suurlemoen- of knoffel-gegeurde olie, indien verkies.
3. Meksikaanse guacamole-happie: Gebruik ’n suiwel-opsie van jou keuse, bv ongegeurde jogurt, maaskaas of selfs lae-vet roomkaas en kombineer dit met die Tuisgemaakte guacaomle en vars gesnyde tamatie met nog ’n bietjie fyngekapte brandrissie in OF ’n tamatieblatjang. Selfs ’n tamatie- of Peppadew-salsa is perfek saam met die avokado en suiwel. Skep die drie elemente in lae in ’n bakkie en garneer met ’n handvol vars koljanderblare. Sit dit voor as peuselhappie en doopsous vir groentestokkies en selfs dun repies volgraan-tortilla of pitabrood-wiggies