Tuesday 26 May 2015

Kobie se maklike pannekoek




Kobie se maklike pannekoek
Bestanddele...
1 koppie koekmeel
¼ teelepel sout
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
2 koppies water (of 1 koppie melk en een koppie water)
1 eetlepel olie
Metode
Sif droë bestandele saam.
Klits die eiers en voeg melk/water om die beurt by.
Bak op plaat in 'n kleefvrye pan.
Die pannekoek is gaar sodra borrels op die oppervlak verskyn.
Bedien met suiker, kaneel en botter.
of met maalvleis en groente;
of met appelvulsel: 1 blik tertappels. Kook saam met suiker tot fyn, of gooi sap af en gebruik die appelstukkies;
of met gerasperde Weense worsies met kaas.
(RSG)