Tuesday 26 May 2015

KARAMEL-SPRINGMIELIES




KARAMEL-SPRINGMIELIES
Lewer 16-20 klein koppies
150 g mieliepitte of 8 k (8 x 250 ml) gaar springmielies

1 k (120 g) ongesoute grondboontjies of kasjoeneute
1 t (5 ml) seesout
250 g botter
1 k (250 ml/200 g) bruinsuiker
1 k (250 ml/200 g) witsuiker

½ koppie (125 ml) gouestroop

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 As jy mieliepitte gebruik, skiet die springmielies volgens die aanwysings op die pakkie.

2 Meng die gaar springmielies, neute en sout.

3 Plaas ’n kastrol op lae hitte en roer die botter, al die suiker en gouestroop saam daarin tot die suiker opgelos het. Stel die hitte effens hoër en hou aan roer tot die mengsel begin kook.

4 Hou op roer en laat dit 4 minute liggies kook.

5 Drup die warm karamel oor die springmielies en neute.

6 Werk die karamel deur die springmielies met 2 houtlepels en maak seker dat die springmielies en neute oraloor deeglik met karamel bedek is.

7 Plaas 20 minute in die voorverhitte oond. Haal dit elke 5 minute uit om dit weer deur te werk en om te draai.

8 Wanneer dit klaar gebak het, skep dit op ’n skoon, koue silikoonbakmat of voer ’n bakplaat uit en skep dit daarin. Die koue oppervlak sal die kookproses tot ’n einde bring. Laat die mielies heeltemal afkoel.