Monday 11 May 2015

Kintsugi ('n Idee vir daardie gebreekte keramiek bordjie wat in skerwe gebreek het)



Kintsugi

Jy benodig
• gebreekte keramiek-item
• goudpoeier
• epoksigom
• weggooibare plastiekhouertjie
• roomysstokkies

1 Pak die gebreekte stukke uit soos wat hulle gelas moet word.


2 Skep ’n klein bietjie goudpoeier in die weggooibare plastiekbakkie.


3 Druk die twee dele van jou epoksigom in die regte verhouding (volgens die vervaardiger se aanwysings) in die bakkie met goudpoeier uit – genoeg vir al die laswerk.


4 Meng die gom en goudpoeier goed om ’n goue gompasta te kry. WENK Jy kan die gom ook eers apart meng en die goudpoeier agterna met ’n kwassie oor die gelaste plek aanverf.


5 Neem die eerste skerf en wend die goue pasta al op die stukkende rand aan. Werk vinnig voor die gom hard word.


6 Druk die tweede skerf teenaan die eerste een vas en hou dit so tot die gom geheg het. Moenie die gom wat uitsypel afvee nie. Herhaal met die res van die skerwe.