Wednesday 27 May 2015

Biscotti




Biscotti
Die volmaakte brosbeskuitjie by jou koppie koffie.
Lewer 16
Bereiding: 10 min.
Bak: 40 min....
60 g amandelvlokkies
125 ml (½ k) suiker
30 g margarien

4 eierwitte
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
500 ml (2 k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
’n knippie sout
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat.
1. Sprei die amandels op ’n aparte bakplaat uit en rooster in die oond 5 minute of tot goudkleurig. Sit eenkant.
2. Klits die suiker en margarien tot glad. Voeg die eierwitte en ekstrak by en meng goed.
3. Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n bak. Voeg die eierwitmengsel by die meelmengsel en meng goed. Knie die amandels in tot goed deur die deeg versprei.
4. Rol die deeg in ’n dik worsvorm uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Verplaas na die voorbereide bakplaat en bak 30 minute of tot gaar. Verwyder van die bakplaat en laat afkoel.
5. Sny in 16 skywe, verplaas na ’n bakplaat en bedek met bakpapier. Sit 5 minute terug in die oond, draai om en bak nog 5 minute of tot goudbruin