Tuesday 26 May 2015

HOENDER EN GROENTESOP




VINNIGE EN LEKKER MAKLIKE RESEP MET MIN MOEITE
HOENDER EN GROENTESOP
Hierdie resep is 1 Lt of 4 koppies.
2 kop Bevrore groentemengsel
2 E Botter/margarien
2 E Mielieblom
3 kop Melk [of 1 kop room en 2 kop melk]
2 blokkies Hoenderekstrak [of hoenderpoeier 2 E - Ina Paarman sin]
1 kop Gaar, fyngesnyde hoendervleis
Roerbraai die groente in die botter/margarien tot sag.
Maak die mielieblom aan met bietjie van die melk en hou eenkant.
Voeg die res van die melk by die gebraaide groente en verhit tot kookpunt.
Verkrummel die hoenderblokkies hierby in en roer tot opgelos.
Kook totdat dit effens verdik en voeg dan die gesnyde hoendervleis hierby en laat dit warm word.
Jy kan hierby ook 'n pakkie hoenderoomsop voeg, maar los dan die room uit.
Pas die resep aan na jou smaak, ivp hoendervleis, kan jy maalvleis byvoeg en braai dit dan saam met die groentemengsel.
Jy kan ook noedels byvoeg, blokkies aartappels, lensies en gort.