Thursday 28 May 2015

Outydse Gortsop






Outydse Gortsop
1 kg skaapnek, in stukke gesny
2 uie, gekap
30 ml olie
3 liter water
250 ml pêrelgort, oornag geweek
4 wortels, gerasper
2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
3 tamaties, geskil en in blokkies gesny
Ongeveer 3 liter goeie vleisaftreksel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
60 ml vars pietersielie, fyn gekap
Fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
Braai die vleis en uie in die olie tot die uie sag is. Voeg die water by en verhit tot kookpunt. Laat prut stadig vir 1ó uur. Skep enige skuim wat bo-op vorm af terwyl sop kook. Dreineer gort en voeg dit saam met die groente en aftreksel by en verhit weer tot kookpunt.
Prut vir ’n verdere 1-2 uur of tot vleis van die bene afval. Skep vleis uit, verwyder bene en sit die vleis terug in die sop. Geur na smaak met sout en peper, voeg die pietersielie en suurlemoenskil by en sit voor met brood en botter. Lewer 10 porsies.