Wednesday 27 May 2015

Heerlike Sitruspoeding




Heerlike Sitruspoeding
Genoeg vir: 6
 Bederf jou met dié sappige poeding en gee jou vitamien C-vlakke ’n hupstoot
...
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
Bestanddele:
3 eiers, geskei
500 ml (2 k) strooisuiker
375 ml (1½ k) melk
80 ml (⅓ k) meel
310 ml (1¼ k) lemoensap
30 ml (2 e) suurlemoensap
Skil van 1 suurlemoen
45 ml (3 e) botter, gesmelt
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ses ramekins.
Klits die eiergele en strooisuiker in ’n mengbak tot lig en donsig. Voeg die melk by en klits tot die suiker opgelos is. Voeg die meel by en meng tot glad. Meng die lemoensap, suurlemoensap, skil en gesmelte botter by. Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou dit in by die beslag – moenie dit roer nie. Skep die mengsel in die ramekins, plaas dit in ’n bain-marie (’n roosterpan half vol kookwater) en bak 30 min. of tot goudbruin.