Wednesday 27 May 2015

BILTONG EN CHEDDARKAAS QUICHED




BILTONG EN CHEDDARKAAS QUICHED
Hoe maklik kan dit nou wees? Jy kan die quiche natuurlik optower met nog bestanddele van jou keuse
BESTANDDELE:
1 x 400g-vel broskorsdeeg...
100g cheddarkaas, grofgerasper
160g gesnyde beesbiltong (Klam biltong werk die beste)
2 eiers

250ml room
Varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Verhit die oond tot 180 °C. Rol die broskorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak dunner uit en voer ’n gesmeerde tertbord van sowat 18 cm daarmee uit. Sprinkel die kaas onderin die tertbak en rangskik biltong bo-op. Klits die eiers en room saam in ‘n mengbak en gooi dit oor die kaas en biltong. Geur dit met ‘n bietjie met peper na ju smaak. Bak dit vir sowat 35 minute, totdat die eiermengsel gestol het. Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.