Thursday 14 May 2015

Gerda se vlakoek met mango, lietsjies en swartkersies



Gerda se vlakoek met mango, lietsjies en swartkersies

Bestanddele

Koek
250 ml koekmeel
75 ml mielieblom
5 ml bakpoeier
1 ml sout
5 eiers, geskei
250 ml strooisuiker
100 ml yswater
Mangovulsel
15 ml agar-agar (kan ook gelatien gebruik indien verkies, gebruik aanwysings op pakkie)
500 ml mangosap
15 ml suiker
1 blikkie mangostukke, gesnipper
Lietsjievulsel
15 ml agar-agar
500 ml lietsjiesap
15 ml suiker
1 blikkie lietsjies, versnipper
Swartkersievulsel
15 ml agar-agar
500 ml bessiesap
15 ml suiker
1 blikkie ontpitte swartkersies, gesnipper
Vlavulsel
2 eiers
65 ml strooisuiker
375 ml klapperroom
15 ml agar-agar
375 ml water
100 ml suiker
Addisioneel vir versiering: sjokoladesplinters, geklopte room en swartkersies

Instruksies


Koek
  1. Smeer twee ronde koekpanne (22cm) en voorverhit oond na 180 °C.
  2. Sif die meel, mielieblok, bakpoeier en sout saam.
  3. Klits die eiergele en strooisuiker tot lig en donserig.
  4. Voeg die yswater bietjie vir bietjie by die eiermengsel.
  5. Vou die meelmengsel in die eiermengsel.
  6. Klits die eierwit tot sagtepuntstadium en voeg by die mengsel.
  7. Verdeel in twee panne.
  8. Bak vir 25-30 minute.
  9. Laat afkoel en sny middeldeur om 4 lae te vorm.
Mangovulsel
  1. Verhit die agar-agar en sap in ’n pot, bring tot kookpunt.
  2. Voeg die suiker by en kook vir 2 minute.
  3. Verwyder van hitte en voeg mango stukke by mengsel.
  4. Verkoel effens en plaas op eerste laag.
  5. Hou in yskas tot ander lae gereed is.
Lietsjievulsel
  1. Verhit die agar-agar en sap in ’n pot, bring tot kookpunt.
  2. Voeg die suiker by en kook vir 2 minute.
  3. Verwyder van hitte en voeg lietsjiestukke by mengsel.
  4. Verkoel effens en plaas op tweede laag.
  5. Hou in yskas tot ander lae gereed is.
Swartkersievulsel
  1. Verhit die agar-agar en sap in ’n pot, bring tot kookpunt.
  2. Voeg die suiker by en kook vir 2 minute.
  3. Verwyder van hitte en voeg swartkersiestukke by mengsel.
  4. Verkoel effens en plaas op derde laag.
  5. Hou in yskas tot ander lae gereed is.
Vlavulsel
  1. Klits die eiers, strooisuiker en melk saam.
  2. Plaas agar-agar met water in pot en verhit tot opgelos.
  3. Voeg suiker by en verhit.
  4. Voeg eiermengsel by agar-mengsel en kook saam vir 2 minute.
  5. Verkoel tot gestol.
Sit die koek aanmekaar
  1. Plaas die mangolaag op koekbord.
  2. Bedek die vrugtevulsel met ’n kwart van die vlamengsel.
  3. Plaas die lietsjielaag op die eerste laag.
  4. Bedek die vrugtevulsel met ’n kwart van die vlamengsel.
  5. Plaas die swartkersielaag op die tweede laag.
  6. Bedek die vrugtevulsel met ’n kwart van die vlamengsel.
  7. Klop 250 ml room styf en versier die koek bo-op.
  8. Garneer met vars kersies, pekanneute en sjokoladesplinters.