Thursday 14 May 2015

Gerda se Kaapse brandewyntertkolwyntjies

Gerda se Kaapse brandewyntertkolwyntjies

Bestanddele

Sous
15 ml botter
315 ml ligbruinsuiker
180 ml water
65 ml brandewyn
5 ml vanieljegeursel
Kolwyntjies
250 g dadels ontpit en fyn gekerf
5 ml koeksoda
250 ml kookwater
125 g botter
250 ml ligbruinsuiker
2 eiers, geklits
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
250 ml pekanneute, gekap
65 ml brandewyn

Instruksies


Sous
  1. Verhit die botter, suiker, water en die helfte van die brandewyn tot kookpunt.
  2. Kook vinnig vir 5 minute.
  3. Haal van die hitte af en voeg die res van die brandewyn en vanielje by.
  4. Gooi oor kolwyntjies sodra uit die oond.
Kolwyntjies
  1. Voorverhit oond na 180°C.
  2. Plaas dadels in bak, strooi koeksoda oor. Giet kookwater en brandewyn oor.
  3. Laat staan om te spons.
  4. Verroom botter en suiker, klits eiers een-een by.
  5. Voeg dadelmengsel by en klits goed.
  6. Sif die meel, bakpoeier en sout. Voeg neute by.
  7. Skep kolwyntjiehouers driekwart vol en bak vir 20 minute of tot gaar.
  8. Gooi 10 ml van die sous met ’n teelepeltjie oor elke kolwyntjie.
  9. Klop 150 ml room styf met 15 ml strooisuiker.
  10. Spuit die room met ’n puntspuit in die middel van die kolwyntjie in.
  11. Spuit ‘n roomrosie op elkeen en garneer met pekanneute en dadels.