Wednesday 13 May 2015

Bakkersvla




Bakkersvla
(Vulsel vir vla koekies ens....)

500 ml (2 k) melk
1 vanieljepeul, oopgesny...
6 eiergele
120 ml strooisuiker
60 ml (¼ k) meel


1. Giet die melk saam met die vanieljepeul se saadjies in ’n kastrol en bring die melk tot kookpunt.
2. Hou eenkant.
3. Meng die eiergele, suiker en meel in ’n mengbak tot glad.
4. Giet die warm melk by die eiergeelmengsel en klits die hele tyd.
5. Giet die melk-en-eiermengsel deur ’n sif en giet dit terug in die kastrol waarin die melk was.
6. Bring die mengsel tot kookpunt en roer aanhoudend tot dit verdik.
7. Giet die verdikte bakkersvla in ’n glasbak sodat dit heeltemal kan afkoel.