Wednesday, 13 May 2015

Jodetert




Jodetert
Lewer 1 tert
Jy maak dié tert met ’n sagte koekiedeeg wat jy uitrol.
...
Kors:
250 g (270 ml) sagte botter
300 g (535 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
240 g (285 ml) strooisuiker
10 ml bakpoeier
1 ml sout
2 eiers, geklits
Vulsel
80 g (140 ml) koekmeel
250 g (295 ml) strooisuiker
4 eiergele
5 ml vanieljegeursel
1 000 ml melk
Metode:
Kors:
Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, meel, suiker, bakpoeier en sout in voedselverwerker en pols op hoe spoed tot gemeng. Voeg eier by terwyl menger loop en meng tot bestanddele ’n deegbal vorm. Plaas vir 20 minute in yskas. Verdeel deeg in 7 ewe groot porsies. Spuit 8 velle bakpapier goed met kleefwerende kossproei. Plaas een deegbal op ’n vel papier en besprinkle goed met meel. Plaas nog bakpapier bo-op en rol uit tot 5 mm dik. Verwyder boonste papier en plaas op bakplaat. Bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin. Herhaal met res van deeg.
Vulsel:
Klits meel, suiker, eiergele en vanielje saam in mengbak. Bring melk tot kookpunt en gooi oor eiergeelmengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel terug in pot en roer met draadklitser oor lae hitte tot mengsel verdik soos witsous. Laat kook vir 5 minute tot gaar. Plaas kleefplastiek direk op gaar mengsel en laat afkoel tot koud. Verwyder plastiek en skep mengsel in spuitsak met 1 cm-tuit. Plaas eerste koekie-sirkel op bord, spuit vulsel in spiraal oor en plaas tweede sirkel boop. Herhaal tot al die sirkels en vulsel op is. Sif versiersuiker oor en sit voor.