Monday 11 May 2015

Allerlekkerste kapokblomkool




Allerlekkerste kapokblomkool

Blomkool is deesdae weer mode en verskyn in roomvorm op menige spyskaart.
Genoeg vir: 4 as bygereg
Bereidingtyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: rooster

Bestanddele:
• 1 groot kop blomkool, in blomme gebreek
• 100 g botter
• ’n skeut olyfolieneutmuskaat
• 6 salieblare
• ’n opgehoopte lepel crème fraîche
• parmesaankaas, varsgerasper
• 5 repe spek, brosgebraai

1 Vryf die botter oor die blomkoolblomme en sit dit op ’n bakplaat. Sprinkel mildelik met olyfolie, neutmuskaat, sout en peper en die salieblare en rooster dit in die oond tot die punte van die blommetjies swart en die kool deursag is (stoom dit vooraf as jy verkies).

2 Skep uit in ’n bak en maak fyn (ek hou ’n paar blommetjies terug). Voeg die crème fraîche by – die tekstuur sal dik en romerig wees. Roer die kaas by en sprinkel bros
stukkies spek en die ekstra blomme oor. Dis lekker genoeg om net so te eet, maar maak ’n vorentoe bygereg saam met geroosterde Sondaghoender.