Monday 13 April 2015

VLEISPASTEITJIES MET SKON-TIPE DEGIE




VLEISPASTEITJIES MET SKON-TIPE DEGIE
250g maalvleis, maak gaar met chutney, uie ens. [of enige vulsel koud]
Klits saam:...
¾ kop melk
¾ kop olie
2 eiers
1 kop meel
3 teel bakpoeier


¼ teel sout
1 teel Aromat
Deeg moet bietjie dikker as pannekoek deeg wees.
Spuit kolwyntjie pannetjies.
Skep lepel vol deeg onder in skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar).
Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek.
Bak teen 180⁰C vir ongeveer 15 min tot ligbruin.
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.
Heerlik koud ook..pak in kosblik.