Monday 13 April 2015

Versier jou yskas



Koel kalant

Jy benodig
• spuitverf geskik vir toestelle
• swart selfklewende viniel
• swart merkpen
• handwerkpons (ons het ’n sirkelvormige een gebruik)
• fyn skuurpapier
• maskeerband
• drupvel
• masker

LET WEL Ons het Rust-Oleum se Appliance Epoxy in Gloss White gebruik vir die spuitwerk. ’n Onderlaag word nie vir dié spuitverf aanbeveel nie. Werk altyd op ’n plek met goeie ventilasie as jy spuitverf.

1 Skuur enige los verf of roes af en skuur ook liggies oor die glansdele. Sit die yskas op ’n drupvel neer en plak al die dele wat nie gespuitverf moet word nie, met maskeerband toe. Bedek ook ander items wat jy dalk kan raak spuit.
Fridge-Step-1

2 Sit jou masker op en skud die blikkie goed. Hou die blikkie regop in jou hand en begin spuit, so 30-40 cm van die oppervlak af. Spuit so egalig jy kan, tot die hele yskas gespuit-verf is. Laat die eerste laag goed droog word en spuit dan nog ’n laag aan. Laat weer droog word.
Fridge-Step-2

3 Terwyl jy wag dat die verf droog word, kan jy begin beplan hoe jy die ontwerp op die yskas wil doen. Ons het ons ontwerp uit die muurpapier in die vertrek geneem. Die kolle het ons met twee sirkel-ponse uit swart viniel gedruk. Die res het ons met die merkpen gedoen.
Fridge-Step-3

4 Teken jou ontwerp op die yskas oor en plak die kolle op hul plekke vas. WENK Om dit makliker te maak om die ontwerp op die yskas oor te teken, kan jy dit eers op ’n A4-vel asetaat teken en dan met ’n truprojektor teen die yskas projekteer.
Fridge-Step-4
 
(Idees)