Monday 13 April 2015

Kasserol met wors en bone




Kasserol met wors en bone
As jy nie chorizo in die hande kan kry nie, gebruik ander gerookte wors of selfs spekvleis....
■ 15 ml olyfolie
■ 8 groot varkworsies
■ Halwe chorizowors, dun gesny
■ 2 uie, dun gesny
■ 2 preie, goed gewas en dun gesny
■ 2 knoffelhuisies, gekap
■ 125 ml witwyn
■ 1 x 410 g blik gekapte tamaties
■ 250 ml hoenderaftreksel
■ Paar takkies vars tiemie
■ Paar takkies vars pietersielie, gekap
■ 1 x 420 g blik botterbone, gedreineer
■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 180°C. Verhit die olie in ’n oondvaste swaarboompot en braai die worsies en chorizo daarin tot gaar. Voeg die uie, preie en knoffel by en braai tot sag. Voeg die wyn, tamaties, aftreksel, tiemie, pietersielie en bone by en verhit tot kookpunt.
Prut vir 3-5 minute en sit die bak in die oond. Bak vir ongeveer 30-40 minute tot die sous geurig en verdik is. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper na smaak. Sit voor op kapokaartappel of koeskoes en bedien met slaai. Lewer 4 porsies.