Wednesday 8 April 2015

Turkse Koffiekoek




Turkse Koffiekoek

100 gr. Bruinbroodmeel
100 gr. Koekmeel
250 gr. Bruinsuiker...
2 Teelepels gemaalde Kaneel
½ Teelepel gerasperde Neutmuskaat
½ Teelepel gemaalde Koljander
175 gr. koue Botter
2 Teelepels Koeksoda
250 gr. Ongegeurde Joghurt
2 Eetlepels Sterk Koffie, kamertemperatuur
2 Eiers
60 gr Okkerneute, gekap

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas die Meel en Speserye in ‘n groot mengbak en rasper die Botter in. Vryf nou die Botter by die mengsel in totdat dit soos broodkrummels lyk.
Druk nou die helfte van die mengsel in ‘n gespuite oondbak van 20 x 20cm.
Roer die Koeksoda by die orige mengsel gevolg deur die Joghurt, koue Koffie, Eiers en Neute.
Meng goed en gooi dan die mengsel in die oondbak bo-oor die krummellaag. Maak die mengsel gelyk met ‘n spaan of lepel.
Bak vir 30 minute of tot ferm en gaar.
Laat afkoel tot koud voordat dit in blokkies gesny word.
Bewaar in ‘n lugdigte houer vir 3 dae.