Wednesday 8 April 2015

Seekos Paella




Seekos Paella
Bedien 6-8

Olyfolie
6 Repies Spek, in blokkies gesny...
1 Rooi Soetrissie, in blokkies gesny
2 Uie, geskil en gekap
3 Knoffelhuisies, gekap
150 gr. Knopiesampioene, grof gekap
1 Teelepel gerookte Paprika
300 gr Witrys (Carnaroli of Risotto Rys)
750 ml Hoenderaftreksel, warm
Groot knippie Saffraan, in warm water geweek
400 gr Geblikte Tamaties of vars, gekap
16 Steurgarnale of Garnale, doppe verwyder
500 gr Witvis, in blokke gesny
1 Koppie Ertjies, gevries of vars
Sout en Peper na smaak
2 Teelepels Roosmaryn, gekap
2 Teelepels Pietersielie, gekap
Suurlemoenskyfies vir bediening

Metode:
Begin met ‘n paar eetlepels Olyfolie in ‘n groot plat pan wat redelik warm is.
Gooi die Spek in die pan en braai vir sowat ‘n minuut.
Voeg die Uie, Knoffel, Soet Rooipeper en Sampioene by en roer. Kook tot die Uie sag is.
Gooi nou die Rys en die gerookte Paprika in die pan en roer goed sodat al die ryskorrels bedek is met die Olyfolie.
Voeg nou die Saffraanwater, Tamaties en Hoenderaftreksel versigtig in die pan.
Roer goed, verlaag die temperatuur tot ‘n medium hitte en laat die Paella stadig prut.
Terwyl die rys nog ietwat van ‘n kraak het, voeg die Vis en steurgarnale by, roer versigtig en gooi nog Water of Hoenderaftreksel by as die pan te droog is.
Gedurende die laaste minute van kook word die Ertjies, Sout en Peper bygevoeg en versigtig geroer.
Sprinkel die Pietersielie net voor opdiening bo-oor en plaas ‘n paar Suurlemoenskyfies bo-op.
NB! – Die dismoet effens droog wees en die rys net sag. Dit is tradisie om glad nie die Paella te roer nie; die rys moet effens aanbrand en ‘n kors vorm, wat glo die beste deel van die dis is. Ek kon dit nog nooit regkry om nie te roer nie!